2 Chronicles 29:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die sondofferbokke voor die koning en die vergadering uitgebring; en hulle het hulle die hande opgelê.
Afrikaans (NLV) 2011 Die bokramme vir die sonde-offer is toe na die koning en die gemeente geneem. Hulle het hulle hande op die diere gesit.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het hulle die sondofferbokke nader gebring voor die koning en die vergadering, en hulle het hul hande daarop gelê.
Afrikaans 1983 Toe het hulle die sondeofferbokke voor die koning en die gemeente gebring en hulle hande op die diere gelê,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het hulle die bokramme vir die reinigingsoffer nadergebring voor die koning en die geloofsgemeenskap, en hulle het hulle hande daarop gelê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het hulle die bokke vir die sonde-offer gebring na die koning en die volksvergadering, en hulle het hulle hande op die bokke gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die bokramme was bedoel om die sonde weg te neem. Daarom het die priesters die bokke tot voor die koning en die ander mense gebring wat saam met hom daar was. Hulle almal het hulle hande op die bokke gesit.