2 Chronicles 29:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het sewe bulle en sewe ramme en sewe lammers en sewe bokke gebring as sondoffer vir die koninkryk en vir die heiligdom en vir Juda. En hy het die priesters, die seuns van Aäron, bevel gegee om hulle op die altaar van die HERE te offer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het sewe beeste, sewe ramme, sewe lammers en sewe bokramme as sonde-offer vir die koninkryk, vir die tempel en vir Juda gebring. Die koning het die priesters wat uit die geslag van Aäron was, beveel om die diere op die altaar van die Here te offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het sewe bulle en sewe ramme en sewe lammers en sewe bokke as 'n sondoffer vir die koningskap en vir die heiligdom en vir Juda gebring; en hy het aan die seuns van Aäron, die priesters, gesê om dit op die altaar van die HERE te offer. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het sewe jong bulle, sewe skaapramme, sewe lammers en sewe bokramme gebring as sondeoffers vir die koningskap, die heiligdom en Juda. Die koning het die priesters uit die geslag van Aäron beveel om die offerandes op die altaar van die Here te sit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het sewe bulle, sewe ramme, sewe lammers en sewe bokramme saamgeneem as 'n •reinigingsoffer vir die koningskap, vir die heiligdom en vir Juda. Hy het die nageslag van Aäron, die priesters, aangesê om dit op die altaar van die Here te offer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het sewe bulle, sewe skaap-ramme en sewe lammers gebring vir die brand-offer, en ook sewe bok-ramme. Dit was 'n sonde-offer vir die koning en vir die tempel en vir die mense van Juda. Die koning het vir die priesters van die nageslag van Aäron gesê hulle moet die diere offer op die altaar van die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het sewe bulle, sewe skaapramme, sewe lammers en sewe bokramme gebring om te slag. Dit was ’n offer vir die Here. Op hierdie manier wou hulle om verskoning vra vir die sondes van die koning se familie, en ook ter wille van die tempel en die mense van Juda. Priesters uit Aäron se nageslag het die diere op die Here se altaar geoffer. |