2 Chronicles 29:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het ons al die voorwerpe wat koning Agas in sy regering in sy oortreding weggegooi het, berei en geheilig, en kyk, dit is voor die altaar van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het ook al die voorwerpe wat koning Agas weggeneem het toe hy ontrou was tydens sy regering, teruggekry. Dit is nou voor die altaar van die Here, gereinig en gereed vir gebruik.”
Afrikaans 1933/1953 ook al die gereedskap wat koning Agas tydens sy regering deur sy ontrou ontheilig het, het ons weer reggesit en geheilig, en kyk, daar is dit voor die altaar van die HERE.
Afrikaans 1983 en ons het verder al die goed wat koning Agas in sy regeringstyd ontwy laat raak het deur sy troueloosheid, in hulle oorspronklike staat herstel en gewy. Hulle is daar voor die altaar van die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die gereedskap wat koning Agas gedurende sy regering in sy ontrou onbruikbaar gemaak het, het ons reggesit en geheilig. Kyk, dit is voor die altaar van die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het ook al die goed gereinig wat koning Agas nie daar wou hê nie, daardie tyd toe hy koning was en toe hy ontrou was aan die Here. Dit is alles daar by die altaar van die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons het ook al die gereedskap teruggekry wat koning Agas gevat het. Hy was ongehoorsaam aan die Here. Dit is alles weer op hulle plek voor die Here se altaar.”