2 Chronicles 29:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hulle by koning Hiskía ingegaan en gesê: Ons het die hele huis van die HERE en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die toonbroodtafel met al sy gereedskap gereinig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die Leviete na koning Hiskia gegaan en aan hom verslag gedoen: “Ons het die hele tempel van die Here, die altaar vir brandoffers met al die toebehore, en die tafel vir die offerbrood met al die toebehore gereinig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom hulle by koning Hisk¡a in en sê: Ons het die hele huis van die HERE gereinig -- die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die tafel vir die toonbrode met al sy gereedskap; |
| Afrikaans 1983 | Toe het hulle by koning Hiskia in die paleis verslag gaan doen: “Ons het die hele huis van die Here gereinig, ook die brandofferaltaar met sy toebehore en die tafel vir die offerbrood met sy toebehore, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe gaan hulle in na koning Hiskia, en sê: “Ons het die hele huis van die Here gereinig, die brandofferaltaar en al sy gereedskap, die tafel met die gerangskikte brood, en al sy gereedskap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het hulle na koning Hiskia toe gegaan en vir hom gesê: “Ons het die hele tempel gereinig en ook die brandoffer-altaar en die tafel vir die offer-brood en die gereedskap wat daarby moet wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het vir koning Hiskia gesê: “Ons het die tempel klaar skoongemaak. Alles is weer op hulle plek: die altaar vir die brandoffers met al die gereedskap wat daar gebruik word, asook die tafel waarop die offerbrood neergesit word met al sy gereedskap. |