2 Chronicles 29:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het op die eerste dag van die eerste maand begin om te heilig, en op die agtste dag van die maand het hulle by die voorportaal van die HERE gekom; en hulle het die huis van die HERE in agt dae geheilig; en op die sestiende dag van die eerste maand het hulle 'n einde gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die werk op die eerste dag van die eerste maand begin en teen die agtste dag gevorder tot by die voorportaal van die Here se tempel. Daarna het dit nog agt dae geneem om die tempel te reinig. Die hele reiniging het dus veertien dae geduur.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het begin om te heilig op die eerste van die eerste maand en op die agtste dag van die maand by die voorportaal van die HERE gekom en die huis van die HERE binne agt dae geheilig; en op die sestiende dag van die eerste maand was hulle gereed.
Afrikaans 1983 Hulle het met die reiniging begin op die eerste dag van die eerste maand, en op die agste dag van die maand het hulle by die ingangsportaal van die Here uitgekom. Daarna het dit hulle nog ag dae gekos om die huis van die Here te reinig. Op die sestiende dag van die eerste maand was hulle klaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het op die eerste dag van die eerste maand begin om die •tempel te heilig, en op die agtste dag van die maand het hulle by die portaal van die Here uitgekom. Daarna het hulle die huis van die Here vir nog agt dae geheilig, en op die sestiende dag van die eerste maand was hulle daarmee klaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het begin om die tempel te wy op die eerste dag van die eerste maand. Hulle het op die agste dag in die voorportaal van die tempel gekom. Toe het hulle nog ag dae lank die tempel gewy. Hulle was klaar op die sestiende dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die skoonmaakwerk het op die eerste dag van die eerste maand begin. Binne agt dae het hulle tot by die voorhof skoongemaak. Dit het nog agt dae gevat om die tempel self skoon te maak en na sestien dae was alles klaar.