2 Chronicles 29:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priesters het in die binneste van die huis van die HERE ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, na die voorhof van die huis van die HERE gebring. En die Leviete het dit geneem om dit in die buiteland uit te bring na die spruit Kidron.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesters het die tempel van die Here binne gaan reinig. Hulle het alles verwyder wat onrein was in die tempel van die Here en dit na die voorhof toe gebring. Die Leviete het dit daarvandaan na die Kedronvallei geneem.
Afrikaans 1933/1953 En die priesters het binne-in die huis van die HERE ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, uitgebring in die voorhof van die huis van die HERE, en die Leviete het dit in ontvangs geneem om dit uit te bring na buite, na die spruit Kidron.
Afrikaans 1983 Die priesters het die huis van die Here binne gaan skoonmaak. Hulle het alles wat nie rein was nie, wat hulle in die tempel van die Here gekry het, na die voorhof toe uitgebring, en die Leviete het dit gevat en dit buite in die Kedrondal gaan weggooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priesters het toe die binneste deel van die huis van die Here binnegegaan om dit te reinig. Hulle het alle •onrein dinge wat hulle in die •tempel van die Here gevind het, uitgebring na die voorhof van die huis van die Here. Die Leviete het dit oorgeneem om na buite, na die Kidrondal, te neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters het in die tempel ingegaan om die tempel te reinig. Hulle het al die onrein dinge geneem wat hulle in die tempel gekry het, en hulle het dit na die oop stuk grond by die tempel gebring. Die Leviete het dit geneem en hulle het dit na die Kedron-vallei buite die stad gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priesters het in die tempel ingegaan en alles skoongemaak. Hulle het die vuil goed uitgebring na die voorhof toe. Daar het die Leviete dit gevat en buite die stad in die Kidronvallei gaan weggooi.