2 Chronicles 29:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hulle broers bymekaargemaak en hulle geheilig en gekom, volgens die bevel van die koning, volgens die woorde van die HERE, om die huis van die HERE te reinig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie manne het hulle broers bymekaargeroep en hulleself gereinig. Toe het hulle begin om die tempel van die Here te reinig soos die koning beveel het in ooreenstemming met die voorskrifte van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het hul broers versamel en hulle geheilig en ingekom om volgens die bevel van die koning, ooreenkomstig die woorde van die HERE, die huis van die HERE te reinig. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het hulle ampsgenote bymekaargeroep, almal het hulle gereinig en het toe die huis van die Here gaan skoonmaak soos die koning beveel het in ooreenstemming met die voorskrifte van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hulle stamgenote byeengebring, hulleself geheilig en ingegaan volgens die opdrag van die koning, om in ooreenstemming met die woorde van die Here, die huis van die Here te reinig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het dadelik die ander Leviete bymekaargeroep. Hulle het hulleself gewy en toe het hulle gegaan om die tempel te reinig. Hulle het dit gedoen soos die Here gesê het en soos die koning gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het al die ander Leviete bymekaargemaak. Daarna het hulle hulleself skoongemaak en toe die koning se opdrag uitgevoer: hulle het die tempel presies volgens die reëls van die Here skoongemaak. |