2 Chronicles 29:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My seuns, moenie nou nalatig wees nie, want die HERE het julle gekies om voor Hom te staan, om Hom te dien en om Hom te dien en rook te laat opgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My seuns, moenie julle pligte nalaat nie. Die Here het julle gekies om in sy teenwoordigheid te staan, om diens aan Hom te verrig, om die volk te lei in aanbidding en offers aan Hom te bring.” |
| Afrikaans 1933/1953 | My seuns, wees nou nie nalatig nie, want die HERE het julle verkies om voor sy aangesig te staan, om Hom te dien en sy dienaars te wees en offerrook te laat opgaan. |
| Afrikaans 1983 | Spring nou aan die werk, my seuns, want die Here het julle gekies om voor Hom diens te doen en sy dienaars te wees wat vir Hom offerandes moet bring.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My seuns, moet nou nie nalatig wees nie! Want julle is deur die Here uitgekies om voor Hom te staan, om vir Hom diens te doen en om vir Hom tempeldienaars en dié wat offers verbrand, te wees. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Seuns, julle moenie nou wag nie, want die Here het julle gekies om voor Hom te staan en vir Hom te werk. Julle moet sy dienaars en sy priesters wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Begin dadelik werk, my seuns! Die Here het julle gekies om vir Hom te werk. Julle moet die erediens lei en tot sy eer wierook brand.” |