2 Chronicles 29:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou is dit in my hart om 'n verbond te sluit met die HERE, die God van Israel, dat sy toorngloed van ons kan afwend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou wil ek ’n verbond met die Here, die God van Israel, sluit sodat die felheid van sy woede van ons af weggekeer kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou is dit in my hart om 'n verbond te sluit met die HERE, die God van Israel, dat sy toorngloed van ons afgewend kan word. |
| Afrikaans 1983 | En nou het ek my voorgeneem om 'n verbond te sluit met die Here die God van Israel, sodat die gloed van sy toorn van ons weggeneem sal word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het my nou voorgeneem om met die Here, die God van Israel, 'n verbond te sluit, sodat sy brandende toorn van ons afgewend word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou het ek, Hiskia, besluit dat ons 'n verbond moet maak met die Here, die God van Israel, sodat Hy nie meer kwaad sal wees vir ons nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar nou wil ek ’n ooreenkoms met die Here, die God van Israel, sluit. Ek wil hê Hy moet ophou kwaad wees vir ons. |