2 Chronicles 28:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daar was 'n profeet van die HERE met die naam van Oded; en hy het uitgegaan voor die leër wat na Samaria gekom het, en vir hulle gesê: Kyk, omdat die HERE, die God van julle vaders, toornig op Juda was, het Hy hulle oorgegee in julle hand, en julle het hulle gedood in 'n woede wat tot aan die hemel reik.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ’n profeet van die Here met die naam Oded was in Samaria toe die leër van Israel teruggekom het. Hy het hulle tegemoetgegaan en gesê: “Die Here, die God van julle voorouers, was kwaad vir Juda en het toegelaat dat julle hulle verslaan. Maar julle het te ver gegaan deur hulle sonder genade dood te maak en dit skrei ten hemel.
Afrikaans 1933/1953 En daar was 'n profeet van die HERE met die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samar¡a, en aan hulle gesê: Kyk, deur die grimmigheid van die HERE, die God van julle vaders, oor Juda het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met 'n woede wat tot aan die hemel raak.
Afrikaans 1983 Daar was in Samaria 'n profeet van die Here met die naam Oded. Hy het die leër wat in Samaria teruggekom het, voorgestaan en vir hulle gesê: “In sy toorn teen Juda het die Here, die God van julle voorvaders, hulle in julle mag gegee, en julle het onder hulle 'n slagting aangerig met 'n woede wat ten hemel skrei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In Samaria was daar 'n profeet van die Here; sy naam was Oded. Hy het uitgegaan, die leër wat op pad was na Samaria tegemoetgeloop, en vir hulle gesê: “Kyk, vanweë die woede van die Here, die God van julle voorouers, oor Juda, het Hy hulle in julle hand gegee; en julle het van hulle doodgemaak met 'n onbeheersde woede wat ten hemel skrei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar daar was 'n profeet van die Here, sy naam was Oded. Hy het gaan staan voor die leër wat teruggekom het na Samaria en hy het vir hulle gesê: “Luister, die Here, die God van julle voorvaders, het julle laat wen teen Juda omdat Hy kwaad is vir hulle. Maar julle het aangehou om daardie mense te vermoor, en hulle bloed roep vir God en vra dat Hy julle moet straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oded was ’n boodskapper van die Here. Toe die leër van Israel na Samaria toe op pad was, het hy uitgegaan om hulle te ontmoet. Hy het vir hulle gesê: “Die Here, die God van julle voorouers, was kwaad vir Juda. Daarom het Hy toegelaat dat julle hulle so vernederend kon verslaan. Maar julle het die moord en doodslag te ver gevoer. Dit skree ten hemele.