2 Chronicles 28:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het van hulle broers twee honderd duisend vroue, seuns en dogters in ballingskap weggevoer en ook baie buit van hulle weggeneem en die buit na Samaria gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die leërs van Israel het 200 000 vroue, seuns en dogters van hulle bloedverwante uit Juda gevang en ook baie buit na Samaria toe saamgevat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het van hulle broers twee honderd duisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook 'n groot buit van hulle geroof en die buit na Samar¡a gebring. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het van hulle broedervolk twee honderd duisend vrouens, seuns en dogters gevange geneem en boonop 'n groot hoeveelheid buit geneem en na Samaria toe saamgevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het tweehonderdduisend vroue, seuns en dogters van hulle volksgenote as gevangenes weggevoer. Ook oorlogsbuit het hulle in oorvloed van hulle geroof en dit na Samaria geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Israel het 200 000 mense van hulle broer-volk Juda gevang en weggevat, dit was ook vroue, seuns en dogters. Hulle het ook baie goed van die Judeërs gevat en hulle het dit na die stad Samaria geneem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het 200 000 Judeërs gevange geneem: vroue, seuns en dogters, almal familie van hulle. Hulle het ook die land geplunder en baie goed gevat. Hulle het al die goed en die gevangenes na Samaria toe weggevat. |