2 Chronicles 28:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Sigri, 'n held van Efraim, het Maäséja, die seun van die koning, en Asrikam, die goewerneur van die huis, en Elkana, wat naas die koning was, gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Sikri, ’n krygsman uit Efraim, vir Maäseja seun van die koning, Asrikam die paleisbestuurder en die onderkoning Elkana doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Sigri, 'n held van Efraim, het Maäs,ja, die seun van die koning, en Asr¡kam, die bevelhebber van die paleis, en Âlkana, die tweede onder die koning, gedood. |
| Afrikaans 1983 | Sikri, 'n krygsman uit Efraim, het die prins Maäseja, die paleisbestuurder Asrikam en die onderkoning Elkana doodgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sigri, 'n held uit Efraim, het Maäseja, die seun van die koning, en Asrikam, hofmeester van die paleis, en Elkana, die tweede in bevel onder die koning, doodgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sikri was 'n sterk man van die Efraim-stam. Hy het vir prins Maäseja doodgemaak, en ook vir Asrikam, die hoof van die paleis, en vir Elkana, die onderkoning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sikri, ’n held uit Efraim, het drie baie hoë amptenare van Juda doodgemaak. Hulle was Maäseja, een van die koning se seuns, Asrikam, die paleisbevelvoerder en Elkana, die koning se tweede-in-bevel. |