2 Chronicles 28:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Peka, die seun van Remalja, het op een dag in Juda honderd-en-twintigduisend gedood, almal dapper manne; omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n enkele dag het Peka seun van Remalja 120 000 van Juda se soldate doodgemaak omdat hulle die Here, die God van hulle voorouers, verlaat het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Peka, die seun van Rem lia, het naamlik in Juda op een dag honderd en twintig duisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het. |
| Afrikaans 1983 | Peka seun van Remalja het in Juda op een dag honderd en twintig duisend man, almal soldate, doodgemaak, omdat hulle die Here die God van hulle voorvaders verlaat het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Peka, seun van Remalja, het in Juda op een dag honderd-en-twintigduisend doodgemaak, almal onverskrokke manne, omdat hulle die Here, die God van hulle voorouers, verlaat het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Peka seun van Remalja het in Juda 120 000 mense op een dag laat doodmaak, hulle was almal belangrike mense. Peka het hulle laat doodmaak omdat hulle die Here, die God van hulle voorvaders, gelos het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die leër van koning Peka van Israel, Remalia se seun, het op één dag 120 000 van Juda se uitsoeksoldate doodgemaak. Dit het gebeur omdat hulle nie meer gedoen het wat die Here hulle God van hulle verwag het nie. |