2 Chronicles 28:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het die HERE sy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram; en hulle het hom verslaan en 'n groot menigte van hulle as gevangenes weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, wat hom met 'n groot slagting verslaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is waarom die Here sy God toegelaat het dat die koning van Aram vir Agas verslaan en ’n groot aantal van sy volk na Damaskus weggevoer het. God het hom ook oorgegee aan die koning van Israel, en hy het hom ’n groot neerlaag toegedien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die HERE sy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en 'n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en die het hom verslaan, 'n groot slag. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het die Here sy God hom oorgegee in die mag van die koning van Aram. Dié het hom verslaan en 'n groot klomp van sy mense krygsgevangenes gemaak en hulle na Damaskus toe weggevoer. Agas is ook oorgegee in die mag van die koning van Israel wat hom 'n verpletterende neerlaag toegedien het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sy God het hom toe oorgegee in die hand van die koning van Aram. Hulle het hom verslaan, en 'n groot aantal van hulle as gevangenes weggevoer en na Damaskus geneem. Ook in die hand van die koning van Israel is hy oorgegee, en dié het hom 'n groot nederlaag toegedien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het sy God die Here vir Agas laat verloor in die oorlog teen die koning van Aram. Die koning het hom oorwin en hy het baie van Agas se mense gevang en weggevat na Damaskus. Die Here het vir Agas ook laat verloor teen koning Peka van Israel. Peka het hom heeltemal oorwin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het die Here sy God toegelaat dat die koning van Aram hom verslaan. Hy het ’n hele klomp gevangenes na Damaskus toe weggevat. Die Here het ook toegelaat dat Israel se leër Agas s’n verpletterend verslaan. |