2 Chronicles 28:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het hy rook laat opgaan in die dal van die seun van Hinnom en sy kinders met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel verdryf het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het in die Ben-Hinnomvallei offers gebring, en selfs van sy seuns laat verbrand. Dit was in navolging van die afskuwelike praktyke van die heidense nasies wat deur die Here voor die Israeliete uit die land verdryf is.
Afrikaans 1933/1953 Hy het self ook offerrook in die dal van die seun van Hinnom laat opgaan en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het.
Afrikaans 1983 Hy het in die Ben-Hinnomdal offerandes gebring en van sy kinders daar verbrand volgens die afskuwelike gebruik van die heidennasies wat deur die Here voor die Israeliete uit verdryf is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is die een wat offers verbrand het in die Ben-Hinnomdal, en sy seuns in die vuur verbrand het, soos die afstootlike gebruike was van die nasies wat die Here voor die Israeliete uit verdryf het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agas het ge-offer in die Ben-Hinnom-vallei en hy het sy seuns verbrand. Hy het dinge gedoen wat die Here gehaat het. Die volke wat voorheen in die land gewoon het, het dieselfde dinge gedoen, en die Here het hulle weggejaag sodat die Israeliete in die land kon woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) offers vir vreemde gode gebring in die Ben-Hinnomdal; sy seuns met vuur verbrand as offers aan die gode, net soos die heidene vroeër gedoen het, en