2 Chronicles 28:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Agas het ontslaap met sy vaders, en hulle het hom begrawe in die stad, in Jerusalem; maar hulle het hom nie in die grafte van die konings van Israel gebring nie; en sy seun Hiskía het in sy plek geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe koning Agas sterf, is hy in Jerusalem begrawe, maar nie in die koninklike begraafplaas nie. Sy seun Hiskia het hom opgevolg.
Afrikaans 1933/1953 En Agas het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem; want hulle het hom nie in die grafte van die konings van Israel gebring nie. En sy seun Jehisk¡a het in sy plek koning geword.
Afrikaans 1983 Agas is oorlede, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem. Hulle het hom nie in die begraafplaas van die konings van Israel begrawe nie. Sy seun Hiskia het hom as koning opgevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agas het by sy voorouers gaan rus, en hulle het hom in die stad, in Jerusalem begrawe; ja, hulle het hom nie na die grafte van die konings van Israel geneem nie. Hiskia, sy seun, het in sy plek koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agas het gesterf, en hulle het hom begrawe in die stad, in Jerusalem. Ja, hulle het hom nie begrawe in die grafte waar hulle die konings van Israel begrawe het nie. Sy seun Hiskia het koning geword ná hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na sy dood het hulle hom in Jerusalem begrawe, maar nie in die koninklike begraafplaas nie. Sy seun Hiskia het hom opgevolg.