2 Chronicles 28:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in elke stad van Juda het hy hoogtes gemaak om vir ander gode rook te laat opgaan en die HERE, die God van sy vaders, tot toorn gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder het hy in al die dorpe van Juda heidense heiligdomme opgerig waar offers aan die afgode gebring kon word. Dit het die toorn van die Here, die God van sy voorouers, uitgetart.
Afrikaans 1933/1953 Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en die HERE, die God van sy vaders, geterg.
Afrikaans 1983 In elke stad van Juda het hy hoogtes ingerig om vreemde gode met offerandes te vereer. So het hy die Here, die God van sy voorvaders, uitgetart.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In elke enkele dorp van Juda het hy offerhoogtes opgerig om vir ander gode offers te verbrand, en die Here, die God van sy voorouers, uitgetart.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het in elke stad van Juda offer-plekke gebou om vir ander gode offers te verbrand. Hy het die Here, die God van sy voorvaders, baie hartseer gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het in elke dorp in Juda heiligdomme gebou om vir vreemde gode offers te bring. Op dié manier het hy die Here verskriklik kwaad gemaak.