2 Chronicles 28:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Agas het die voorwerpe van die huis van God bymekaargemaak en die voorwerpe van die huis van God stukkend gekap en die deure van die huis van die HERE toegesluit, en hy het vir hom altare gemaak in elke hoek van Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het die voorwerpe uit die tempel van God weggeneem en dit stukkend geslaan. Hy het die deure van die Here se tempel gesluit. Hy het ook heidense altare op elke straathoek in Jerusalem opgerig.
Afrikaans 1933/1953 En Agas het die gereedskap van die huis van God byeengebring en die gereedskap van die huis van God stukkend geslaan en die deure van die huis van die HERE toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem.
Afrikaans 1983 Agas het die goed wat in die tempel gebruik is, weggevat en stukkend geslaan, die deure van die huis van die Here gesluit en op elke hoek in Jerusalem altare gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agas het die toebehore in die huis van God bymekaargemaak en die toebehore van die huis van God stukkend geslaan. Hy het die deure van die huis van die Here gesluit en vir hom altare opgerig op elke straathoek in Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agas het die gereedskap van die tempel bymekaargemaak en hy het dit stukkend geslaan. Hy het die deure van die tempel toegesluit en hy het vir hom altare laat maak op elke straathoek in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het die gereedskap wat in die Here se tempel gebruik is, gevat en dit in stukkies gebreek. Toe het hy die tempel se deure toegesluit en sy eie altare op elke hoek in Jerusalem gebou.