2 Chronicles 28:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy het geoffer aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het, en hy het gesê: Omdat die gode van die konings van Aram hulle help, daarom sal ek aan hulle offer, dat hulle my kan help. Maar hulle was 'n puinhoop van hom en van die hele Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het offers gebring aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het, “want,” het hy gesê, “hierdie gode het die konings van Aram gehelp en sal my ook help as ek vir hulle offerandes bring.” Maar hulle was sy ondergang en ook dié van die hele Israel.
Afrikaans 1933/1953 hy het geoffer aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het; en hy het gedink: Die gode van die konings van Aram help hulle; ek sal aan hulle offer, dat hulle my kan help! Maar juis hulle het hom en die hele Israel tot 'n val gebring.
Afrikaans 1983 Hy het offerandes gebring vir die gode van Damaskus wat hom verslaan het, met die redenasie: “Die gode van Aramese konings het hulle gehelp; nou bring ek vir daardie gode offerandes dat hulle my ook kan help.” Maar dié gode het sy val en dié van die hele Israel verhaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het offers geslag vir die gode van Damaskus, hulle wat hom verslaan het. Hy het gedink: Omdat die gode van die konings van Aram hulle help, sal ek vir hulle offers slag, sodat hulle my kan help. Maar dit was juis hulle wat sy ondergang bewerk het, en so ook dié van die hele Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het offers gebring vir die gode van die mense van Damaskus wat hom oorwin het. Hy het gesê: “Die gode van die konings van Aram het daardie konings gehelp. Ek sal vir húlle offers bring, dan sal hulle my ook help.” Maar toe Agas vir daardie gode ge-offer het, het dit met hom en al die mense van Israel nóg slegter gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het offers gebring vir die gode van Damaskus. Hy het so daaroor gedink: “Dié gode het die Arameërs gehelp toe hulle teen my geveg het. Miskien sal hulle my ook help as ek hulle nou vereer.” Maar dit het nie so gebeur nie. Hulle het net tot sy ondergang gelei.