2 Chronicles 28:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die tyd van sy benoudheid het hy nog meer oortree teen die HERE: dit is daardie koning Agas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe dit so sleg met hom gaan, het hy nog meer ontrou aan die Here geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen die HERE begaan, dieselfde koning Agas: |
| Afrikaans 1983 | Toe dit so sleg met hom gaan, was hy, dié koning Agas, nog verder ontrou teenoor die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die tyd toe hy in die noute was, was hy, koning Agas, selfs meer ontrou aan die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe dit sleg gegaan het met Agas, het hy, hierdie koning Agas, nog meer ontrou geword aan die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juis toe hy baie swaargekry het, het koning Agas nóg ongehoorsamer aan die Here geword. |