2 Chronicles 28:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Agas het 'n deel uit die huis van die HERE en uit die huis van die koning en van die vorste weggeneem en dit aan die koning van Assirië gegee, maar hy het hom nie gehelp nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agas vat toe waardevolle voorwerpe uit die tempel van die Here, die koninklike paleis en uit die huise van sy amptenare en gee dit vir die koning van Assirië. Maar selfs dit het hom niks gehelp nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | want Agas het die huis van die HERE en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was. |
| Afrikaans 1983 | Agas het van die huis van die Here, die paleis en die amptenare goud gevat en dit vir die koning van Assirië gegee, maar dit het hom niks gehelp nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Alhoewel Agas die huis van die Here, die koninklike paleis en die huise van die •hoë amptenare gestroop en dit vir die koning van Assirië gegee het, het dit hom niks gehelp nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, Agas het alles in die tempel en in die paleis gevat en ook alles wat aan die amptenare behoort het. Hy het dit vir die koning van Assirië gegee, maar dit het niks gehelp nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agas het al die waardevolle voorwerpe uit die Here se tempel, die paleis en sy amptenare se huise gevat en dit vir die koning van Assirië gestuur. Maar dit het niks gehelp nie. |