2 Chronicles 28:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE het Juda verneder ter wille van Agas, die koning van Israel; want hy het Juda naak gemaak en swaar teen die HERE oortree.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here was besig om Juda te verneder oor koning Agas van Juda, want hy het Juda aangemoedig om te sondig en was heeltemal ontrou aan die Here.
Afrikaans 1933/1953 want die HERE het Juda verneder ter wille van Agas, die koning van Israel, omdat hy losbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen die HERE gehandel het.
Afrikaans 1983 Dit was oor koning Agas van Juda dat die Here Juda dié vernedering aangedoen het, want Agas het die verdorwenheid in Juda vrye teuels gegee en hy was ontrou teenoor die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die Here het Juda verneder as gevolg van Agas, koning van Israel, omdat hy Juda losbandig gemaak het en uiters ontrou was teenoor die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het gebeur, want die Here wou vir Juda verneder, Hy wou dit doen omdat koning Agas van Juda verkeerd gedoen het. Koning Agas het die mense van Juda laat doen wat hulle wil en hy was baie ontrou aan die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die slegte dinge het met Juda gebeur omdat die Here koning Agas van Juda wou straf. Hy het immers sy mense aangemoedig om sonde te doen en hy self was heeltemal ontrou aan die Here.