2 Chronicles 28:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die Filistyne het ook die stede van die Laeveld en van die suide van Juda binnegeval en Bet-Semes en Ajalon en Gederot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke, ook Gimzo en sy dorpe, ingeneem: en hulle het daar gewoon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Filistyne het strooptogte uitgevoer op dorpe in die Laeveld van Juda en in die Negevwoestyn. Hulle het reeds Bet-Semes, Ajalon, Gederot, Soko met sy buitedorpies, Timna met sy buitedorpies, en Gimso met sy buitedorpies beset en daar gaan woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook die Filistyne het plundertogte onderneem teen die stede van die Laeveld en die Suidland van Juda; en hulle het ingeneem: Bet-S,mes en Ajalon en G,derot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon; |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyne het deur die Laeveld en die Suidland van Juda 'n strooptog gemaak en selfs stede beset en daar gaan woon: Bet-Semes, Ajalon, Gederot, Soko met sy buitedorpe, Timna met sy buitedorpe, Gimso met sy buitedorpe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en Filistyne het 'n aanval geloods op die dorpe van die Sjefela en die Negev van Juda. Hulle het Bet-Semes, Ajalon, Gederot, Sogo met sy omliggende dorpies, Timna met sy omliggende dorpies en Gimso met sy omliggende dorpies ingeneem en daar gaan woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het stede in die Laeveld en die Suid-land van Juda aangeval. Hulle het die stede Bet-Semes en Ajalon oorwin, en ook Gederot, Soko, Timna en die stede daar naby, en ook Gimso en die stede daar naby, en hulle het daar gaan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het ’n strooptog uitgevoer op die dorpe in Juda se lae heuwels en in die suide van die land. Hulle het die volgende plekke vir hulleself gevat en daar gaan bly: Bet-Semes, Ajalon, Gederot, Soko en die dorpe in die omgewing daarvan, Timna en die dorpe in die omgewing, Gimso en die dorpe in die omgewing. |