2 Chronicles 28:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne wat met name genoem is, het opgestaan en die gevangenes geneem en almal wat naak onder hulle was, beklee en hulle aangetrek en hulle geskoene en hulle gegee om te eet en te drink, en hulle gesalf en het al die swakkes van hulle op esels gedra en hulle na Jérigo, die palmstad, na hulle broers gebring; daarna het hulle na Samaría teruggekeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die vier gemelde persone vorentoe gekom en uit die buit klere gegee aan die gevangenes wat naak was. Hulle het klere en skoene, kos en water vir hulle gegee, en hulle wonde met olie behandel. Almal wat swak was, het hulle op donkies gelaai en die gevangenes na hulle eie land, na Jerigo die palmstad, tot by hulle eie mense weggebring. Daarna het hulle na Samaria toe teruggegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manne wat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na J,rigo, die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samar¡a teruggegaan. |
| Afrikaans 1983 | Die manne wie se name genoem is, het toe die gevangenes onder hulle sorg geneem. Hulle het uit die buit klere geneem vir almal wat nie klere gehad het nie, die gevangenes voorsien van klere, skoene, kos en water, salf aan hulle wonde gesmeer, almal wat nie kon loop nie, op donkies gehelp en hulle weggebring na Jerigo die palmstad toe, by hulle volksgenote. Daarna is die manne terug Samaria toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne wat vroeër by die naam genoem is, het opgestaan, die gevangenes geneem, en almal wat kaal was, aangetrek met wat in die buit was. Hulle het hulle aangetrek en vir hulle skoene gegee, hulle laat eet en drink, hulle met olie versorg en hulle op donkies vervoer – almal wat strompelend geloop het – en hulle na Jerigo, die Palmstad, tot by hulle volksgenote geneem. Toe het hulle teruggekeer na Samaria. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenare en die volksvergadering het manne gekies en aangestel, en die manne het die gevangenes gehelp. Party gevangenes het nie klere gehad nie, en die manne het vir hulle klere en skoene gegee, dit was van die goed wat die leër gevat en saamgebring het. Hulle het ook vir die gevangenes kos en water gegee en hulle het die gevangenes met olyf-olie ingevryf. Hulle het die gevangenes wat baie swak was, op donkies laat ry en hulle het die gevangenes gebring na Jerigo, die Palmstad, in Juda. Die gevangenes was toe terug by hulle eie volk. Daarna het die manne teruggegaan na Samaria. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Aantal mans is aangewys om vir die gevangenes te sorg. Uit die buit wat die soldate gevat het, het hulle vir die mense wat kaal was, klere gegee. Hulle het klere en sandale uitgedeel en vir almal kos en iets te drinke aangebied. Hulle het die beseerdes se wonde met olie versorg. Daarna het hulle dié wat te swak was, op donkies laat ry en almal teruggeneem na Jerigo, die Palmstad, en die gevangenes daar aan hulle broers terugbesorg. Daarna het hulle self teruggegaan Samaria toe. |