2 Chronicles 28:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die gewapende manne het toe die gevangenes en die buit aan die owerstes en die hele gemeente laat oorbly.
Afrikaans (NLV) 2011 Die soldate het toe die gevangenes vrygelaat en die buit in die teenwoordigheid van al die leiers en die vergadering teruggegee.
Afrikaans 1933/1953 Die gewapendes het toe die gevangenes en die buit voor die owerstes en die hele vergadering losgelaat.
Afrikaans 1983 Die manskappe het toe afstand gedoen van die gevangenes en die buit, met die leiers en die hele volk as getuies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gewapende manne het toe in die teenwoordigheid van die •aanvoerders en die hele strydmag afstand gedoen van die gevangenes en die buit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne het toe die gevangenes en die goed wat hulle gevat het, gelos by die amptenare en by die volksvergadering.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die soldate het toe die gevangenes daar voor die leiers en almal wat daar bymekaar was, vrygelaat en die goed wat hulle gevat het, gelos.