2 Chronicles 28:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en vir hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want terwyl ons alreeds teen die HERE aanstoot gegee het, is julle van plan om meer by ons sondes en by ons oortreding by te voeg; want ons oortreding is groot en daar is 'n hewige toorn teen Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle kan nie die gevangenes hiernatoe bring nie!” het hulle gesê. “Ons kan nie bekostig om nog skuld by ons sondes te voeg nie. Ons skuld is reeds groot, en die toorn van die Here het alreeds teen Israel gedraai.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons sondes en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor die HERE; want ons skuld is groot, en die toorngloed is oor Israel. |
| Afrikaans 1983 | en vir hulle gesê: “Julle bring nie die gevangenes hier in nie. Wat julle wil doen, is 'n misdaad teen die Here en sal ons sondes en misdade teen Hom groter maak. Dit is alreeds groot, en sy toorn hang oor Israel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir hulle gesê: “Julle mag nie die gevangenes hierheen bring nie, want dit sal vir ons net skuld teenoor die Here bring. Wat julle beoog, sal net dien om ons sonde en skuld nog meer te maak, en dit terwyl ons skuldlas al so groot is, en daar 'n brandende toorn op Israel rus.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en vir hulle gesê: “Julle moenie die gevangenes hiernatoe bring nie. Ons het al klaar baie sonde gedoen teen die Here, en julle wil dit nou nog meer maak. Die Here sal baie kwaad word vir Israel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het vir die soldate gesê: “Julle moet nie eens daaraan dink om die gevangenes hierheen te bring nie! Ons kan dit nie bekostig om nog meer sonde en skuld te hê nie. Ons skuld is al klaar baie groot. En die Here se woede dreig om enige oomblik teen ons los te bars!” |