2 Chronicles 28:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Luister dan nou na my en red weer die gevangenes wat julle van julle broers weggevoer het, want die gloed van die toorn van die HERE is oor julle.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister na my en stuur hierdie gevangenes terug, want hulle is julle bloedverwante. Pas op, want die oordeel van die Here het nou teen julle gedraai!”
Afrikaans 1933/1953 Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van die HERE is op julle!
Afrikaans 1983 Luister nou en vat die gevangenes wat julle uit julle broedervolk weggevoer het, terug, want die toorn van die Here hang oor julle.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Luister nou na my! Stuur die gevangenes wat julle van julle volksgenote geneem het, terug, want die brandende toorn van die Here rus op julle.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister nou na my en bring die gevangenes terug, hulle is julle familie en julle het hulle gevang. As julle die gevangenes nie terugbring nie, dan sal die Here ook vir júlle kwaad word.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister na wat ek vir julle sê: laat die gevangenes vry, want hulle is familie van julle. Die Here is baie kwaad vir julle!”