2 Chronicles 27:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die verdere geskiedenis van Jotam en al sy oorloë en sy weë, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander gebeurtenisse tydens Jotam se regering, sy oorloë en ander aktiwiteite, is opgeteken in Die boek van die konings van Israel en Juda. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die verdere geskiedenis van Jotam en al sy oorloë en sy ondernemings, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda. |
| Afrikaans 1983 | Die ander verhale oor Jotam, al sy oorloë en sy lewensloop, is opgeteken in die annale van die konings van Israel en Juda. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die verdere geskiedenis van Jotam, al sy oorloë en ondernemings, kyk, dit is opgeteken in die boekrol van die konings van Israel en Juda. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander dinge wat met Jotam gebeur het, al sy oorloë en hoe hy gelewe het, is geskryf in die Boek van die Konings van Israel en Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van Jotam se geskiedenis, die oorloë wat hy gevoer het en die projekte wat hy aangepak het, is alles in Die Geskiedenis van die Konings van Israel en Juda opgeskryf. |