2 Chronicles 27:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het ook teen die koning van die Ammoniete geveg en hulle oorwin. En die kinders van Ammon het hom in dieselfde jaar honderd talente silwer en tienduisend kor koring en tienduisend gars gegee. So baie het die kinders van Ammon aan hom betaal, die tweede jaar sowel as die derde.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het oorlog teen die koning van die Ammoniete gemaak en hulle oorwin. Drie jaar lank het hy jaarliks belasting van hulle gekry. Dit was byna drie en ’n half ton silwer, 1 650 ton koring en 1 320 ton gars.
Afrikaans 1933/1953 Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in die jaar honderd talente silwer en tien duisend kor koring en tien duisend kor gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.
Afrikaans 1983 Hy het in 'n oorlog teen die koning van die Ammoniete die oorwinning behaal, en die Ammoniete moes daardie jaar aan hom byna drie en 'n halwe ton silwer, sestien honderd en vyftig ton koring en dertien honderd en twintig ton gars betaal. Hulle moes dieselfde hoeveelhede die volgende en die daaropvolgende jaar betaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is ook die een wat teen die koning van die Ammoniete geveg en hulle oorweldig het. Die Ammoniete het daardie jaar vir hom 'n honderd kikkar silwer, tienduisend kor koring en tienduisend kor gars gegee. Dieselfde hoeveelheid het die Ammoniete ook in die tweede en derde jaar aan hom gelewer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het oorlog gemaak teen die koning van die Ammoniete en hy het gewen. Die Ammoniete moes daardie jaar 100 talente silwer en 10 000 kor koring en 10 000 kor gars vir hom gee, en die volgende jaar en die jaar daarna moes hulle dit ook gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jotam het ’n suksesvolle veldtog teen die Ammoniete gevoer en hulle oorwin. Hy het hulle in daardie jaar met omtrent drie en ’n halwe ton silwer, meer as 1 500 ton koring en amper net soveel gars belas. Die Ammoniete moes dié belasting nog vir twee jaar daarna ook aan hom betaal.