2 Chronicles 27:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het hy stede gebou in die berge van Juda, en in die woude het hy kastele en torings gebou.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het dorpe in die heuwels van Juda gebou en forte en torings in die bosse opgerig.
Afrikaans 1933/1953 Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.
Afrikaans 1983 In die Judaberge het hy stede laat bou, en in die bosse skanse en forte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dorpe is deur hom in die bergland van Juda gebou, en in die beboste gebied het hy vestingstede en wagtorings gebou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ook die mure van die stede in die Juda-berge sterker gemaak en hy het stede gebou wat sterk mure het en ook torings in die bosse.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook dorpe in die heuwelland van Juda laat bou en forte en torings in die beboste gebiede.