2 Chronicles 26:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het Ussia in Jerusalem torings gebou by die Hoekpoort en by die Dalpoort en by die draai van die muur en dit versterk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ussia het versterkte torings in Jerusalem by die Hoekpoort, die Dalpoort en die draai in die muur opgerig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Uss¡a torings gebou in Jerusalem by die Hoekpoort en by die Dalpoort en by die Winkelhaak, en hy het hulle versterk. |
| Afrikaans 1983 | Ussia het in Jerusalem stewige forte gebou by die Hoekpoort, by die Dalpoort en by die draai in die muur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ussia het wagtorings gebou in Jerusalem by die Hoekpoort, die Dalpoort en die Hoek; en hy het dit versterk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ussia het sterk torings gebou in Jerusalem by die poort op die hoek en by die poort in die vallei, en by die plek waar die muur draai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ussia het torings in Jerusalem gebou by die Hoekpoort, die Valleipoort en by die hoek in die muur. Hy het die torings soos forte versterk. |