2 Chronicles 26:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Ammoniete het geskenke aan Ussia gegee, en sy naam het versprei tot by die ingang van Egipte; want hy het homself uitermate versterk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Ammoniete het aan Ussia belasting betaal. Sy roem het selfs tot by Egipte versprei, want hy het baie magtig geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook die Ammoniete het aan Uss¡a belasting betaal; en sy roem is verbrei tot by die ingang na Egipte, want hy was uitermate magtig. |
| Afrikaans 1983 | Die Ammoniete het vir Ussia geskenke gebring, en sy naam het tot by Egipte bekend geword, so het sy mag toegeneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Ammoniete moes aan Ussia belasting betaal. Sy roem het so ver as die grens van Egipte gestrek, want hy het baie magtig geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Ammoniete het belasting betaal aan Ussia, en al die mense tot by die grens van Egipte het geweet van hom, want sy leër het baie sterk geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs die Ammoniete moes aan hom belasting betaal. Hy was later tot in Egipte bekend, want hy was teen hierdie tyd ’n baie magtige koning. |