2 Chronicles 26:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het uitgetrek en teen die Filistyne oorlog gevoer en die muur van Gat en die muur van Jabne en die muur van Asdod afgebreek en stede rondom Asdod en tussen die Filistyne gebou.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het oorlog teen die Filistyne verklaar en die mure van Gat, Jabne en Asdod afgebreek. Daarna het hy nuwe dorpe in die omgewing van Asdod en in ander dele van die Filistynse gebied gebou.
Afrikaans 1933/1953 En hy het uitgetrek en teen die Filistyne geveg en die muur van Gat en die muur van Jabne en die muur van Asdod afgebreek, en stede gebou by Asdod en onder die Filistyne.
Afrikaans 1983 Hy het 'n veldtog onderneem teen die Filistyne, en hy het die mure om Gat, Jabne en Asdod afgebreek en stede gebou in die omgewing van Asdod en in die res van die Filistynse gebied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het uitgetrek, teen die Filistyne geveg, en bresse geslaan in die stadsmure van Gat, Jabne en Asdod. Hy het dorpe gebou by Asdod en tussen die Filistyne.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ussia het oorlog gaan maak teen die Filistyne. Hy het die mure van die stede Gat, Jabne en Asdod afgebreek en hy het ander stede gebou by Asdod en in die land van die Filistyne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het teen die Filistyne gaan oorlog maak en die mure van die stede Gat, Jabne en Asdod afgebreek. Daarna het hy nuwe dorpe in die omgewing van Asdod en die res van Filistea gebou.