2 Chronicles 26:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het God gesoek in die dae van Sagaria, wat verstand gehad het in die gesigte van God; en so lank as wat hy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Gedurende die tyd toe Sagaria hom onderrig het in die eerbied vir God, het Ussia God se wil gesoek. So lank as wat hy die Here se wil nagestreef het, het God hom sukses gegee.
Afrikaans 1933/1953 En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagar¡a, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.
Afrikaans 1983 Hy het na die wil van God gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van God gehad het. In die tyd dat Ussia na die wil van die Here gevra het, het God dit goed laat gaan met hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het God altyd gesoek in die tyd van Sagaria, die een wat hom insig gegee het in ontsag vir God. So lank as wat hy die Here gesoek het, het God hom sukses laat behaal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ussia het probeer om God te dien terwyl Sagaria gelewe het. Sagaria het vir Ussia geleer om te verstaan wat God vir hom wys, en terwyl Ussia die Here gedien het, het God dit goed laat gaan met hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sagaria het vir Ussia baie van God geleer. So lank as wat Ussia die Here gedien het, het God aan hom sukses gegee.