2 Chronicles 26:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ussia het ontslaap met sy vaders, en hulle het hom by sy vaders begrawe op die grond van die begrafnis wat aan die konings behoort het; want hulle het gesê: Hy is 'n melaatse, en sy seun Jotam het in sy plek geregeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ussia het gesterf. Hy is begrawe in ’n begraafplaas van die konings, maar nie in die familiegraf nie, omdat hy melaats was. Sy seun Jotam het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Uss¡a het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders op die begraafplaas van die konings; want hulle het gesê: Hy is melaats. En sy seun Jotam het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans 1983 | Ussia is oorlede, en hy is begrawe in die begraafplaas van die konings, maar nie in die familiegraf nie, want die mense het gesê: “Hy was melaats.” Sy seun Jotam het hom as koning opgevolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ussia het by sy voorouers gaan rus, en hulle het hom by sy voorouers begrawe in die veld by die graf wat aan die konings behoort, want hulle het gesê: “Hy het 'n velsiekte.” Sy seun Jotam het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ussia het gesterf, en hulle het hom begrawe by sy voorvaders. Hulle het hom begrawe in die grond by die begraafplaas van die konings, maar nie in die graf van die konings se familie nie, want hulle het gesê Ussia was melaats. Sy seun Jotam het koning geword ná hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ussia is dood en hulle het hom in die veld naby die konings se grafte begrawe omdat hy die velsiekte gehad het. Sy seun Jotam het hom opgevolg. |