2 Chronicles 26:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En koning Ussía was melaats tot die dag van sy dood, en hy het in 'n verskeidenheid huise gewoon omdat hy melaats was; en sy seun Jotam was oor die koning se huis en oordeel oor die volk van die land.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning Ussia het aan melaatsheid gely tot die dag van sy dood. Hy het in ’n huis in afsondering gewoon, wég van die tempel van die Here. Sy seun Jotam is in beheer van die paleis gestel, en hy het oor die volk van die land regeer.
Afrikaans 1933/1953 En koning Uss¡a was melaats tot die dag van sy dood toe, en hy het in 'n afgesonderde huis as melaatse gewoon, want hy was van die huis van die HERE uitgesluit; en sy seun Jotam, wat oor die paleis van die koning was, het die volk van die land geregeer.
Afrikaans 1983 Koning Ussia was melaats tot die dag van sy dood. Hy het in 'n plek van afsondering gaan woon, melaats en verban uit die huis van die Here. Sy seun Jotam het die paleis bestuur en oor die mense van die land geregeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Ussia het 'n velsiekte gehad tot die dag van sy dood. Hy het in 'n plek van afsondering gewoon, want hy was verban uit die huis van die Here. Jotam, sy seun, het beheer gehad oor die koninklike paleis en het reg gespreek oor die volk van die land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Ussia was melaats tot die dag toe hy gesterf het. Hy het apart in 'n huis gewoon, hy kon nie naby die tempel kom nie omdat hy melaats was. Sy seun Jotam was die hoof van die paleis en hy het regeer oor die mense in die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Ussia het die velsiekte gehad tot hy dood is. Hy het die res van sy lewe in afsondering deurgebring. Hy kon ook nooit weer na die tempel toe gaan nie. Sy seun Jotam het beheer oor die paleis oorgeneem. Hy het oor die mense van Juda regeer.