2 Chronicles 26:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe As rja, die hoofpriester, en al die priesters hom aanskou, en kyk, hy was melaats op sy voorhoof, en hulle het hom daarvandaan uitgedryf; ja, hy het hom ook gehaas om uit te gaan, omdat die HERE hom geslaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die hoëpriester Asarja en die ander priesters die melaatsheid op sy voorkop sien, het hulle hom so gou moontlik uit die tempel verwyder. Die koning was self haastig om daar uit te kom, want die Here het hom getref. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe As rja, die hoofpriester, en al die priesters na hom kyk en sien dat hy melaats was aan sy voorhoof, het hulle hom gou daarvandaan weggedrywe, en hy het ook self gou gemaak om weg te kom, want die HERE het hom aangetas. |
| Afrikaans 1983 | Toe die hoëpriester Asarja en al die ander priesters na hom kyk, is hy melaats op sy voorkop. Hulle het hom daar uitgedrywe, en hy was self haastig om weg te kom; die Here het hom met dié ramp getref. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Asarja, die hoëpriester, en al die priesters na hom draai, het hy sowaar 'n velsiekte op sy voorkop! Hulle het hom inderhaas daar verwyder. Hy was self ook haastig om uit te gaan, omdat die Here hom getref het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoëpriester Asarja en al die priesters het na Ussia gekyk, en hulle het gesien dat Ussia melaats is op sy voorkop. Hulle het hom vinnig uit die tempel geneem, en hy was self haastig om uit te gaan. Die Here het hom gestraf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Asarja en die ander priesters dit sien en besef dat hy ’n velsiekte gekry het, het hulle hom vinnig uit die tempel uitgevat. Hy het vinnig daar padgegee, want die Here se straf het hom getref. |