2 Chronicles 26:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe was Ussia toornig, en hy het 'n wierookbak in sy hand gehad om reukwerk te laat opgaan; en terwyl hy kwaad was vir die priesters, het die melaatsheid selfs op sy voorhoof opgestaan voor die priesters in die huis van die HERE, van langs die reukaltaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Ussia was woedend en het geweier om die wierookpan neer te sit. Terwyl hy kwaad vir die priesters daar voor die wierookaltaar gestaan het in die tempel van die Here, het melaatsheid skielik op sy voorkop uitgebreek.
Afrikaans 1933/1953 Maar Uss¡a het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die oë van die priesters, in die huis van die HERE langs die reukaltaar.
Afrikaans 1983 Ussia het al die wierookpan in sy hand gehad om die offer te bring, en hy het briesend geword. Maar terwyl hy teen die priesters uitvaar, breek daar melaatsheid op sy voorkop uit voor die oë van die priesters daar in die huis van die Here, by die wierookaltaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ussia was onbeheersd kwaad. Terwyl hy met die pan met reukwerk in sy hand, gereed om reukwerk te laat brand, sy onbeheersde woede op die priesters uithaal, het 'n velsiekte daar voor die priesters, langs die altaar vir die reukwerk in die huis van die Here, op sy voorkop uitgeslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ussia was kwaad. Hy het die wierook-pan in sy hand gehad om die wierook te brand. En terwyl hy kwaad geword het vir die priesters, het hy melaats geword op sy voorkop. Dit het daar by die priesters in die tempel gebeur, by die wierook-altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ussia het reeds met ’n wierookpan in sy hand gestaan, reg om die wierook te offer, toe die priesters hom aangespreek het. Hy was woedend oor wat hulle vir hom gesê het. Terwyl hy nog op hulle skree, het ’n velsiekte op sy voorkop uitgeslaan. Dit het daar in die tempel, reg langs die wierookaltaar, voor die oë van die priesters gebeur.