2 Chronicles 26:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het koning Ussía teëgestaan en vir hom gesê: Dit kom nie toe aan jou, Ussía, om vir die HERE rook te laat opgaan nie, maar vir die priesters, die seuns van Aäron, wat geheilig is om reukwerk te brand; want jy het oortree; en dit sal nie tot eer van die HERE God wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het koning Ussia gekonfronteer en gesê: “Dit is nie toelaatbaar vir u, Ussia, om wierook vir die Here te brand nie. Dit is die werk van die priesters, seuns van Aäron, wat alleen daarvoor afgesonder is. Gaan uit die heiligdom, want u het gesondig. Die Here sal u nie daarvoor eer nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en teen koning Uss¡a opgetree en aan hom gesê: Dit kom u nie toe, Uss¡a, om vir die HERE offerrook te laat opgaan nie, maar aan die priesters, seuns van Aäron, wat geheilig is om te offer. Gaan uit die heiligdom uit, want u het ontrou gehandel, en dit sal u van die kant van die HERE God nie tot eer strek nie. |
| Afrikaans 1983 | en hom probeer keer en vir hom gesê: “Dit kom u nie toe om vir die Here wierookoffers te bring nie, Ussia! Om wierookoffers te bring, is die voorreg van die priesters, die nageslag van Aäron. Hulle is daartoe gewy. Gaan liewer uit die heiligdom uit. U matig u dinge aan, en u sal daarvoor geen waardering kry van God die Here nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het Ussia, die koning, teengestaan en vir hom gesê: “Dit is nie vir u, Ussia, beskore om reukwerk te laat brand vir die Here nie, maar vir die priesters, die nageslag van Aäron, wat geheilig is om reukwerk te laat brand. Gaan uit die heiligdom uit, want u was ontrou! Dit sal u nie tot eer strek by die Here God nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het by koning Ussia kom staan en vir hom gesê: “Ussia, jy mag nie wierook brand vir die Here nie, net die priesters van die nageslag van Aäron is gewy om wierook te brand. Jy moet uitgaan uit die tempel, want jy het 'n verkeerde ding gedoen. God die Here sal sê jy mag dit nie doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het koning Ussia gekonfronteer en vir hom gesê: “Koning Ussia, u mag dit nie doen nie. Slegs priesters uit die Aäronfamilie mag wierook vir die Here brand. Gaan dadelik uit die heiligdom uit. U het ’n groot sonde gedoen. Die Here hou niks hiervan nie.” |