2 Chronicles 26:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester Asarja het agter hom ingegaan, en saam met hom tagtig priesters van die HERE, dapper manne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Asarja die priester het saam met 80 dapper priesters van die Here agter hom aangegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die priester As rja het hom gevolg en tagtig priesters van die HERE, flukse manne, saam met hom, |
| Afrikaans 1983 | Die priester Asarja, met tagtig priestersoldate by hom, het agter koning Ussia aan gegaan |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester Asarja het hom na binne gevolg. Saam met hom was daar tagtig priesters van die Here, onverskrokke manne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester Asarja het hom gevolg, en saam met Asarja was daar 80 belangrike priesters van die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priester Asarja en 80 dapper priesters het hom die tempel in gevolg. |