2 Chronicles 26:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe hy sterk was, was sy hart verhef tot sy verderf; want hy het oortree teen die HERE sy God en het in die tempel van die HERE ingegaan om op die reukaltaar reukwerk te laat opgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe hy magtig geword het, het hy ook hoogmoedig geword. Dit het tot sy ondergang gelei. Hy het teen die Here sy God gesondig deur in die tempel van die Here te gaan en self wierook op die altaar te brand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe hy sterk geword het, was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen die HERE sy God; want hy het in die tempel van die HERE gegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar. |
| Afrikaans 1983 | Maar toe hy eenmaal die mag het, het Ussia ingenome geword met homself, en dit was die begin van sy einde. Hy het aanmatigend teenoor die Here sy God opgetree: hy het in die tempel van die Here ingegaan om wierookoffers op die wierookaltaar te bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe hy magtig geword het, het sy hart hoogmoedig geraak, tot sy eie ondergang. Hy was ontrou aan die Here sy God en het die •tempel van die Here binnegegaan om reukwerk te verbrand op die altaar vir die reukwerk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe hy so sterk en belangrik word, het hy hoogmoedig geword, en daarom het dit later sleg gegaan met hom. Hy het ontrou geword aan sy God die Here. Hy het in die tempel ingegaan om wierook te brand op die wierook-altaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Ussia so magtig geword het, was hy so vol van homself dat dit tot sy val gelei het. Hy het arrogant teenoor die Here sy God opgetree. Dit het gebeur toe hy op ’n keer in die tempel van die Here ingegaan het om sommer self wierook op die altaar te gaan brand. |