2 Chronicles 26:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En onder hulle hand was 'n leër, drie honderd duisend sewe duisend vyf honderd, wat oorlog gevoer het met groot mag om die koning te help teen die vyand.
Afrikaans (NLV) 2011 Die leër onder hulle bevel het bestaan uit 307 500 manskappe, almal opgelei vir oorlog. Dit was ’n kragtige mag waarop die koning teen enige vyand kon staatmaak.
Afrikaans 1933/1953 En onder hulle bevel was 'n leërmag van drie honderd en sewe duisend vyf honderd wat met volle krag oorlog kon voer om die koning te help teen die vyand.
Afrikaans 1983 Die leër onder hulle bevel was drie honderd en sewe duisend vyf honderd, kragtige vegters op wie die koning kon reken teen 'n vyand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onder hulle bevel was daar 'n leër van driehonderd-en-seweduisend vyfhonderd wat met groot slaankrag oorlog kon voer om die koning by te staan teen die vyand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle was die offisiere van 'n leër van 307 500 manne wat goed oorlog kon maak. Hierdie manne kon die koning help teen die vyand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leër het uit 307 500 uitgesoekte soldate bestaan. Die koning kon op hulle reken wanneer hy teen enige vyand moes veg.