2 Chronicles 26:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het Ussia 'n leër van vegters gehad wat met bendes na die oorlog uitgetrek het, volgens die getal van hulle verslag deur die skrifgeleerde Jeïel en die owerste Maäséja, onder leiding van Hanánja, een van die owerstes van die koning.
Afrikaans (NLV) 2011 Ussia het ’n leër gehad van ervare krygsmanne wat in afdelings uitgetrek het. Hulle getalle is bepaal deur Jeïel, die sekretaris van die leër en sy assistent Maäseja. Hulle was onder die leiding van Gananja, een van die koning se offisiere.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Uss¡a 'n leër gehad wat oorlog kon voer, wat in afdelings op kommando moes uittrek volgens die getal van hulle monstering deur Je‹-el, die skrywer, en Maäs,ja, die opsigter, onder leiding van Han nja, een van die owerstes van die koning.
Afrikaans 1983 Ussia het 'n leër gehad wat in afdelings uitgetrek het. Die telling en indeling is gedoen deur die sekretaris Jeïel en die amptenaar Maäseja, onder toesig van Gananja, 'n beampte van die koning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ussia het 'n leër gehad wat oorlog kon voer, wat as troepe op 'n veldtog kon uittrek, ooreenkomstig die getal van hulle monstering deur Jeïel, die sekretaris, en Maäseja, die opsiener onder bevel van Gananja, een van die koning se bevelvoerders.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ussia het 'n leër gehad van manne wat goed oorlog kon maak, die soldate was in groepe. Die sekretaris Jeüel en die voorman Maäseja het die manne getel en in groepe ingedeel. Gananja was hulle leier, Gananja was een van die amptenare van die koning, hy het gekyk dat hulle alles reg doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ussia se leër was goed georganiseerd en goed opgelei. Hulle was reg om enige tyd oorlog te maak, want hulle is in afdelings ingedeel deur die leërsekretaris, Jeïel, en die stafoffisier Maäseja. Hulle twee het onder die gesag gestaan van Ganaja, ’n amptenaar van die koning.