2 Chronicles 26:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook torings in die woestyn gebou en baie putte gegrawe, want hy het baie vee gehad, sowel in die laagte as in die vlaktes; ook landbouers en wingerdboere op die berge en op Karmel, want hy was lief vir landbou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook torings in die woestyn opgerig en baie putte gegrawe, want hy het baie vee in die Laeveld van Juda en die vlaktes gehad. Hy was ook lief vir die grond. Daarom het hy baie mense gehad wat sy plase en wingerde op die plato en in die vrugbare valleie versorg het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook in die woestyn torings gebou en baie putte uitgekap; want hy het baie vee gehad, in die Laeveld sowel as in die Gelykveld, landbouers en wynboere op die berge en in die tuingronde, want hy was 'n liefhebber van die landbou. |
| Afrikaans 1983 | Ook in die weiveld het hy forte gebou en baie putte laat grawe, want hy het baie vee gehad, in die Laeveld en op Platorand. In die berge en op die Karmel het hy mense gehad wat sy lande en sy wingerde bewerk het. Hy was lief vir die grond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het wagtorings in die woestyn gebou en baie opgaarputte gegrawe, want hy het baie vee gehad in sowel die Sjefela as op die vlakte. Hy het plaaswerkers en wingerdwerkers in die bergland en op vrugbare grond gehad, want hy was lief vir landbou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook in die woestyn torings gebou en hy het baie watergate uitgekap, want hy het baie diere gehad, in die Laeveld en op die Hoëveld. Hy het daarvan gehou om te boer, hy het mense gehad wat in sy grond en sy wingerde gewerk het in die berge en in die valleie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook forte in die woestyn gebou en baie waterputte uitgekap. Dit was nodig omdat hy groot kuddes vee in die heuwelland van Juda en op die vlaktes gehad het. Hy was lief vir boerdery en het baie mense gehad wat op sy plase en wingerde teen die heuwels en in die vrugbare valleie gewerk het. |