2 Chronicles 26:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die hele volk van Juda Ussia, wat sestien jaar oud was, geneem en hom koning gemaak in die kamer van sy vader Amásia.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele volk van Juda het vir Ussia, die sestienjarige seun van Amasia, as hulle nuwe koning gekroon.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die hele volk van Juda Uss¡a geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Am sia.
Afrikaans 1983 Die bevolking van Juda het vir Ussia gevat en hom in Amasia, sy pa, se plek koning gemaak. Hy was toe sestien jaar oud
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele volk van Juda het toe vir Ussia – hy was sestien jaar oud – geneem en hom koning gemaak in die plek van sy vader, Amasia.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense van Juda het vir Ussia geneem en hulle het hom koning gemaak ná sy pa Amasia. Ussia was toe 16 jaar oud.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Juda het toe Amasia se seun Ussia, wat maar sestien jaar oud was, koning gemaak in sy plek.