2 Chronicles 25:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Amásia vir die man van God: Maar wat moet ons doen met die honderd talente wat ek aan die leër van Israel gegee het? En die man van God antwoord: Die HERE is magtig om jou veel meer as dit te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Amasia vra toe vir die man van God: “Maar wat dan van die drie en ’n half ton silwer wat ek betaal het om die soldate van Israel te huur?” Die man van God antwoord hom: “Die Here is in staat om baie meer as dit te gee!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Am sia sê aan die man van God: En wat moet met die honderd talente gemaak word wat ek aan die troepe van Israel gegee het? En die man van God antwoord: Die HERE kan u baie meer gee as dit. |
| Afrikaans 1983 | Maar Amasia vra vir die man van God: “En wat dan van die drie en 'n halwe ton silwer wat ek vir die Israelitiese leërafdeling betaal het?” En die man van God antwoord: “Die Here kan u meer as dit gee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Amasia vra toe vir die man van God: “Maar wat van die honderd kikkar wat ek vir die troepe van Israel gegee het?” Die man van God het geantwoord: “Die Here het die vermoë om vir jou baie meer as dit te gee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Amasia sê toe vir die man van God: “Ek het 100 talente betaal vir die manne van Israel. Wat sal van daardie geld word? Moet ek dit alles verloor?” Die man van God het geantwoord: “God kan vir jou baie meer gee as dit.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Amasia het hom geantwoord: “Wat stel jy dan voor moet ek doen met die klomp silwer wat ek klaar betaal het om die Israeliete te huur?” “Die Here kan u tog baie meer as dit gee!” het die man van God geantwoord. |