2 Chronicles 25:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as jy wil gaan, doen dit, wees sterk vir die stryd: God sal jou voor die vyand laat val, want God het mag om te help en neer te gooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy hulle saam met jou soldate in die geveg laat deelneem, sal julle verslaan word, maak nie saak hoe dapper hulle veg nie, want God het die mag om te help of om omver te werp.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar gaan u alleen, tree moedig op in die geveg; God sal u laat val voor die vyand; want by God is krag om te help of te laat val. |
| Afrikaans 1983 | As u dit tog doen, doen dit dan, maar dan sal u krag nodig hê vir die stryd, want God sal u dan voor die vyand laat swig. God het die mag om te help of om te laat swig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar gaan self, tree op, staal jou vir die geveg! God kan u laat val voor 'n vyand, want by God is daar die krag om te help of om te laat val.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy dink miskien daardie leër sal jou sterk maak vir die oorlog, maar God sal jou laat verloor teen die vyande, want God kan 'n leër help om te wen, of God kan hulle laat verloor.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan alleen, moenie saam met hulle gaan veg nie, want die Here sal u laat struikel voor die vyand. Onthou, die Here kan ’n mens óf help, óf jou laat struikel.” |