2 Chronicles 25:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar 'n man van God het na hom gekom en gesê: O koning, laat die leër van Israel nie saam met jou trek nie; want die HERE is nie met Israel, naamlik met al die kinders van Efraim nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar ’n man van God het na die koning gekom en gesê: “O koning, moenie soldate van Israel huur nie, want die Here is nie met Israel nie. Hy sal nie die mense van Efraim help nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom daar 'n man van God na hom en sê: o Koning, laat die kommando van Israel nie saam met u gaan nie, want die HERE is nie met Israel, met al die kinders van Efraim nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe kom daar 'n man van God na hom toe en sê: “Moenie die leër van Israel met u laat saamgaan nie, want die Here is nie by Israel, by die Efraimiete, nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Man van God het egter na hom gekom en vir hom gesê: “Koning, die leër van Israel moet nie saam met u gaan nie, want die Here is nie by Israel, by al die Efraimiete, nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar 'n man van God het na hom toe gekom en gesê: “Koning, jy moenie die leër van Israel saam met jou laat gaan nie, want die Here hou nie van Israel nie, Hy hou nie van die Efraim-mense nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Profeet van God het met Amasia kom praat: “O Koning, u moenie die soldate van Israel saamvat op u veldtog nie. Die Here is nie lojaal aan Israel, aan daardie spul Efraimiete nie! |