2 Chronicles 25:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het Amásia Juda bymekaar laat kom en hulle aangestel as owerstes oor duisend en owerstes oor honderd, volgens die huise van hulle vaders, in die hele Juda en Benjamin; manne, in staat om oorlog toe te gaan, wat spies en skild kon hanteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Amasia het die manskappe van Juda bymekaargeroep. Hy het die hele Juda en ook Benjamin volgens familiegroepe ingedeel onder bevelhebbers oor duisend en oor honderd. Hy het die manne van twintig jaar en ouer opgeroep. Daar was 300 000, almal geoefen in die gebruik van spiese en skilde. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Am sia het Juda bymekaar laat kom en hulle opgestel volgens die families, volgens die owerstes oor duisend en volgens die owerstes oor honderd, die hele Juda en Benjamin, en hy het hulle gemonster van twintig jaar oud en daarbo, en bevind dat hulle drie honderd duisend uitgesoektes was wat op kommando moes uittrek, wat spies en skild hanteer. |
| Afrikaans 1983 | Amasia het die manskappe van Juda bymekaar laat kom en hulle familiegewys ingedeel onder bevelhebbers oor duisend en oor honderd — die hele Juda, en ook Benjamin. Hy het dié van twintig jaar en ouer laat tel, en daar is gevind dat hulle drie honderd duisend was, geskik vir militêre diens en gewapen met spies en skild. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Amasia het Juda byeen laat kom en hulle volgens die families van die hele Juda en Benjamin laat aantree onder •aanvoerders van duisend en van honderd. Hy het hulle gemonster, van twintig jaar en ouer, en vasgestel dat hulle driehonderdduisend was, uitgesoektes, weerbare manne, gewapen met steekspies en grootskild. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Amasia het gesê die manne van Juda moet bymekaarkom, die families moet in groepe bymekaarkom. Hy het ook hoof-offisiere en ander offisiere gekies en aangestel, hulle was die leiers van al die manne van die Juda-stam en die Benjamin-stam, al die manne wat 20 jaar oud en ouer was. Hy het gesê hulle moet die manne tel, en daar was 300 000 manne wat oorlog kon gaan maak met spiese en skilde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Amasia het Juda en Benjamin se leër opgeroep. Hy het hulle in groter en kleiner afdelings laat aantree. Die soldate was almal ouer as twintig en vaardig met spies en skild. Daar was 300 000 goeie soldate wat op kommando kon vertrek. |