2 Chronicles 25:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het hulle kinders nie gedood nie, maar hy het gedoen soos geskrywe is in die wet in die boek van Moses, waar die HERE beveel het en gesê het: Die vaders sal nie vir die kinders sterwe nie, en die kinders sal nie vir die vaders sterwe nie, maar elke mens sal vir sy eie sonde sterf.
Afrikaans (NLV) 2011 Die kinders van die moordenaars het hy egter nie doodgemaak nie, want hy het opgetree volgens die voorskrifte van die Here in die boek van Moses: “Ouers moet nie doodgemaak word vir die sondes van die kinders nie; en kinders moenie doodgemaak word vir die sondes van hulle ouers nie. Hulle wat aan die dood skuldig is, moet vir hulle eie oortredings doodgemaak word.”
Afrikaans 1933/1953 hulle kinders ewenwel het hy nie gedood nie, maar gedoen soos geskrywe is in die wet, in die boek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders moet nie vir die kinders sterwe, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie; maar hulle moet elkeen vir sy eie sonde sterwe.
Afrikaans 1983 Hy het nie hulle kinders ook laat doodmaak nie, want, soos op bevel van die Here geskrywe staan in die wet, in die boek van Moses: “Vaders mag nie oor die optrede van kinders en kinders nie oor die optrede van vaders doodgemaak word nie. Elkeen kan net vir sy eie sonde die doodstraf kry.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle seuns het hy egter nie doodgemaak nie, want so staan dit geskryf in die wet, in die •boekrol van Moses, waar die Here beveel: “Ouers mag nie doodgemaak word oor kinders nie, en kinders mag nie doodgemaak word oor ouers nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het nie hulle kinders ook doodgemaak nie, want daar is geskryf in die Wette van Moses dat die Here gesê het: “ Wanneer 'n kind sonde doen, dan moet sy pa nie daaroor sterf nie, en wanneer 'n pa sonde doen, dan moet sy kind nie daaroor sterf nie. Elkeen mag net sterf oor dit wat hyself verkeerd gedoen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hy het nie hulle kinders doodgemaak nie. Dit was uit gehoorsaamheid aan die Here se reël wat Moses neergeskryf het en wat lui: “Ouers kan nie oor hulle kinders se optrede of kinders oor hulle ouers s’n doodgemaak word nie. Elkeen kan net vir sy eie sonde veroordeel word.”